
=====================================================================
ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


ns Afrikaans vir vandag

Maritha Snyman   doen verslag oor hoe die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria sy vastrapplek behou in 'n veranderende 
tersire omgewing.

ALLES verander so vinnig. Dit het al 'n clich geword. Wat gister van waarde geag is, is vandag 'n uitgediende en vergete gedagte. So het 
Afrikaans binne enkele jare 'n bedreigde taal geword. Elke Afrikaanse spreker en instelling word hierdeur geraak; ook die departemente van 
Afrikaans by universiteite en kolleges. En daar lyk die prentjie maar somber.

Daar is sprake van die sluiting van sulke departemente.

Studentegetalle neem af. Die bestudering van Afrikaans word ook gaandeweg na die akademiese randakker verskuif. Wat nou gemaak? Kan 
departemente van Afrikaans oorleef as die gety nog hewiger teen hulle draai?

By die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria is ons van   plan om te oorleef. 'n Eenvoudige voorneme, wat ons op 
verskillende maniere uitvoer.

In die eerste plek is ons aan 'n akademiese instansie verbonde. Dit is ons eerste taak om te verseker dat die kursusse wat ons aanbied, nie 
net van uitnemendheid getuig nie, maar ook byderwets is, in die kol en aan die voorpunt van tendense op die akademiese terrein.

Daarom het ons nuwe pasklaar kursusse vir byvoorbeeld regstudente, onderwysers en toekomstige ekonome ontwerp. Daarom bied ons Arfikaans 
ook as vreemde taal aan -- en daar is bo verwagting groot belangstelling. En daarom is ons steeds besig met uitgebreide behoeftepeilings en 
kurrikulumontwikkeling om nuwe modules daar te stel wat mededingend nuut, opwindend en beroepsgerig is -- modules wat studente dadelik 
Afrikaans laat hanteer sodat hulle nie die opwinding misloop nie.

Maar daar is ook 'n tweede been in ons strategie. Afrikaans is nie net 'n taal van die akademie nie, maar ook 'n belangrike taal in die 
Suid- Afrikaanse gemeenskap. En of ons dit wil weet of nie, ons taal het seergekry in die vorige bedeling. Negatiewe persepsies oor ons 
taal en die mense wat dit praat, is oor jare vas en seker gevestig. Om nou daaroor te huil, sal nie help nie.

Ons moet nou die moeisame proses aanpak om die belangrike rol van Afrikaans in hierdie land te demonstreer as 'n taal wat kan bemagtig. By 
Tukkies het ons besluit dat niemand hiervan oortuig gaan word deur proteste en betogings nie, alleen maar deur diens en die opregte wil om 
mense te help wat in Afrikaans bemagtig wil word.

In die afgelope vyf jaar het ons al ver op hierdie pad gevorder.

Ons het eers begin met kontakdae: swart kinders van nabygele skole wat steeds Afrikaans as vak neem, is vir 'n dag as ons gaste op die 
kampus tuisgemaak. (Naspers het vir die nuwe uitgawes gesorg.) Op Afrikaans het hierdie kinders 'n dag lank geleer, gespeel en geniet.

Later het ons besluit dat ons wyer kan tref deur die onderwysers te nooi en hulle te ondersteun in die moeilike omstandighede waaronder 
hulle werk. Hierdie idee het uitgeloop op 'n nuwe B.A. Honneursgraad vir swart onderwysers wat van vanjaar af telematies aangebied word.

Ons Sentrum vir Afrikaanse Geletterdheidsonderrig en --navorsing (SAG) is al   welbekend. Afgesien van honderde volwassenes wat sedert 1992 
basiese lees- en skryfvaardighede hier leer, het ons 'n naskoolsentrum vir die kinders van Eersterus en 'n kleuterskool om (dikwels 
verwaarloosde) kinders voor te berei sodat hulle die maksimum voordeel uit hulle skoolloopbaan kan trek. Die kleuterskool word vir drie 
jaar befonds deur 'n ruim skenking van die Vlaamse regering.

Vir die ander projekte droog ons geld op en moet ons rommelverkopings en kunsuitstallings hou om fondse te probeer genereer. (Is daar 
iewers 'n Afrikaanse hart wat geld hiervoor in die sak het?)

SAG het ook al sigbare dividende gelewer. Twee van die vervolgverhale wat aanvanklik in die geletterdheidskoerantjie, die Hoezit-da,   
verskyn het, is in 1997 deur Sached-uitgewers uitgegee as deel van hulle projek om leesmateriaal vir nuutgeletterde Afrikaanssprekendes te 
verskaf. Die man met die rooi das en Pop staan haar man, in groot druk, is opwindende stories en ideale geskenke vir huishulpe, hul 
kinders, en selfs eie kinders wat steeks is om te lees. Dit is ook interessant vir Ouma of Oupa wat nie meer so goed kan sien nie ...

Die skryfskole wat ons in Eersterus aangebied het, het ook 'n publikasie opgelewer: 'n Bossie blomme vir die Heer,   geskryf deur Joy 
Deerling,   'n boorling van Eersterus. Dit is 'n boekie met versies waarin die lief en leed van elke dag aan die Here oorgedra word -- 'n 
ware juweeltjie, ook in groot druk.

Ons Handevat-projek werp ook pragtige vrugte af. Ons het betrokke geraak by 'n swart skool in Rosslyn se omgewing. Daar word 
Afrikaansonderrig ondersteun deur een van ons nagraadse studente, 'n opgeleide onderwyser. Hy help nie net met die Afrikaansonderrig nie, 
maar sit ook hand by met die uitwerk van lesse, en sommer orals waar daar nood is. Dit kan die begin wees van 'n groot netwerk van sulke 
hulponderwysers vir Afrikaans. Weer is dit geldgebrek wat ons kniehalter in ons ideaal om hierdie projek uit te brei tot iets groters. 
(Waar's die Afrikaanses met geld wat hierdie ideale deel?)

Elke jaar in die wintervakansie huisves ons die wenners van die Afrikaansolimpiade. Tussen sestig en tagtig senior skoliere van oral in die 
land kom kuier vir 'n week hier omdat hulle uitsonderlik gepresteer het in die olimpiades vir eerste taal en tweede taal. Gedurende hierdie 
week geniet almal die lekker van Afrikaans. Baie van die skoliere probeer weer 'n keer di week meemaak!

In een van die sentrums wat in ons departement bestaan, word 'n baie interessante onderwerp ondersoek: die ekonomiese waarde van 
meertaligheid in Suid-Afrika. Dink net hoeveel Suid-Afrika werd kan wees as meertaligheid nie as 'n hindernis tot ekonomiese prestasie 
beskou word nie, maar as 'n bate wat sprekers in staat stel om te presteer!

Daar word ook moeite gedoen om studente in staat te stel om Nederlands behoorlik aan te leer. Die Nederlandse deur maak 'n opwindende 
Europese wreld vir Afrikaanse studente oop. Baie maak daarvan gebruik en bring korter of langer periodes in Belgi en Nederland deur.

Soms is ons opgewonde, soms raak ons moedeloos en voel dit asof die werk wat ons doen, 'n druppel aan die spreekwoordelike emmer is. Maar 
die gesigte vol dankbaarheid en die wete dat een van ons dalk iewers in iemand se lewe 'n verskil gemaak het, laat ons glo dat dit die pad 
is wat ons moet loop. Dalk deel ons net 'n handjie vol van die manna uit waarvan Joy in hierdie gediggie van haar praat:

Hoor ons, Heer.
Ons kry tog so swaar.
Daar is geen werk nie.
Die kos is alles klaar.
Stuur vir ons manna, Heer,
soos vir U volk van oud.
Stort oor ons U genade.
Ons vra mos nie vir goud.
Dr. Maritha Snyman   is verbonde aan die Departement Afrikaans van die Universiteit van Pretoria.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av544.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

